Go back

Die Reddings Gebed


YAHUSHUA (Jesus),

ek neem U nou aan as my Here en my Redder, U is die God wat ek lief het. Ek glo dat U die prys vir my sonde by Golgota betaal het, en dat U gesterf het en weer opgestaan het vanuit die dood op die derde dag. Ek wil vra dat U binne in my hart sal inkom, en my sal vergewe vir my sondes, en my sal skoonwas van alle ongeregtigheid. Ek is so jammer dat ek gesondig het, en ek draai nou weg van daardie sondes. Dankie dat U my nou volmaak met U Heilige Gees, en my die begeerte gee om U al die dae van my lewe te dien. Dankie YAHUSHUA dat U U lewe in my sal lewe, sodat U Verheerlik sal word! Dankie dat U my die begeerte gee om U Bybel te lees, en dat U my die wysheid gee om dit te verstaan. Dankie dat U my Liefhet en dat U my siel Red, sodat my Geloof sal groei, sodat ek eendag saam met U in die Hemel kan wees. Vul my Nou met U Heilige Gees en bevry my van die bose een, bid ek in die NAAM YAHUSHUA! Help my YAHUSHUA om te onthou dat almal gesondig het en ver van YAHUVEH se Glorie af is, en dat U gekom het om ONS sondaars te red, en dit is hoekom U ons REDDER genoem word. Amen.  

Lees hierdie gebed en lees dit dan weer, hierdie keer NIE met kennis uit jou eie geheue nie, maar lees dit met jou hele hart, glo dit in GELOOF, en onthou dat YAHUSHUA nie net God is nie, maar Hy is ook jou beste vriend! Hy gee so baie om vir jou, Hy is so lief vir jou, net soos jy is. Hy haat sonde, maar Hy is lief vir JOU, die sondaar!  

YAHUSHUA het die prys vir jou sonde betaal, en nou hoef jy nie meer skuldig te voel of jouself te veroordeel nie! Belei jou sondes teenoor YAHUSHUA. Noem hulle, vertel vir Hom dat jy jammer is, vra vir Hom dat Hy jou sal vergewe! Al jou sondes in die verlede en die hede. 'n Sonde is engie iets wat jy gedoen het of wat jy besig is om te doen, wat 'n Heilige YAHUVEH ongelukkig maak. Niemand is perfek nie! Onthou dit!  

Lees die Nuwe Testament en begin leer wie YAHUSHUA is. Johannes 3:16. Die Bybel sê dat jy Hom moet bely as HERE en Redder sodat Hy jou voor die Vader sal bely. Moenie skaam wees vir YAHUSHUA nie, Hy is NIE skaam vir JOU nie. Vertel vir iemand dat jy vir YAHUSHUA van Golgota en Nasaret op hierdie dag aangeneem het, en al die engele in die Hemel is verheug!

Laat ons saam met jou verheug wees. Indien jy 'n pastoor nodig het, het ons meer as een. Welkom by die familie van YAHUSHUA. ONS SIEN UIT DAARNA OM JOU IN DIE HEMEL TE ONTMOET, INDIEN NIE OP AARDE NIE!

E-pos vir Elisabeth en vertel vir haar van die geskenk van die ewige lewe wat jy nou net ontvang het van ons kosbare YAHUSHUA Messias!